November / Desember
2026

Bruis Tydskrif 

Bruis is ’n lekkerlees-tydskrif vir mense bo 45. Dit bied inspirasie, raad en inligting aan mans én vroue in topgehalte-artikels oor bekendes en minder bekendes, aktuele sake, gesondheid, aftrede, geld, leefstyl, resepte en verhoudings … plus ’n tikkie humor en blokraaie. Bruis is beskikbaar in gedrukte sowel as digitale formaat. Lekker lees!

Beskikbaar op

8 Januarie!

Antoinette gesels

Antoinette Pienaar stel haar lewe op Theefontein in die Karoo aan ons bekend. Sy gesels elke week in haar Klein Wit Huisie oor dinge wat haar na aan die hart lê en deel sielsverrykende pitkos soos net Antoinette kan.

Jy kan nou na stories in Bruis luister!

‘n Nuwe manier om Bruis te beleef – eksklusief vir digitale intekenaars.

Ina-Paarman

In hierdie uitgawe

KOLLIG

Legendariese Ina Is ‘doodgewoon’

Op 88 lei die koslegende Ina Paarman steeds ’n besige lewe met ’n vol program en is sy elke dag op kantoor, te midde van die uitdagings wat ’n ernstige oogsiekte aan haar stel.

DEUR TRUDIE MYBURGH

Wat motiveer jou om steeds volstoom te werk?

Ek doen dit omdat dit vir my lekker is en ek ná jare se ondervinding meestal die regte besluite neem. ’n Mens betaal deur die jare skoolgeld deur die foute wat jy maak – wanneer jou besigheid klein is, is jou foute nie so erg nie, maar sodra dit uitbrei, kan die foute wat jy maak groot gevolge hê.

KOLLIG

Skurk op die skerm, vegter in die regte lewe

Skurk. Alkoholis. Gesplete persoonlikheid. As dit ’n moeilike rol is, is die kanse goed dat André Odendaal die karakter gaan vertolk. Hy is vertroud met uitdagings … hy het immers kanker oorwin en sukkel met swak sig.

DEUR KARIN BURGER

“Ek was nog altyd baie privaat, dis hoekom jy nie veel persoonlike inligting oor my op die internet sal kry nie,” verduidelik die akteur André Odendaal met die intrapslag.

KOLLIG

Skreeusnaakse ‘tannie van die platteland’

Matie van Graan noem haarself ’n skrywer, satirikus, goeie organiseerder, pistoolskieter, motorfietsryer, omgewingskenner en aanbieder van oorlewingskampe. Nie jou gewone CV nie, maar aan die ander kant, sy doen nie dinge op die gewone manier nie.

DEUR KARIN BURGER

Matie van Graan vat-vat bewustelik aan haar hare toe sy vir die aanlyn onderhoud op die skerm verskyn. “Dit gaan anders lyk vir jul fotosessie,” belowe sy.

ActiveCare

AKTUEEL

Pas op vir foonslenters

Jou bankrekening kan met één selfoonoproep leeggemaak word, al is jy hóé kuberslim. Die oud-omroeper Amore Bekker en Marlett Steyn, ’n sakevrou van Mosselbaai, deel hul ervarings daarvan en ’n regsgeleerde sê waarom sy dink banke meer kan doen.

DEUR KARIN DE BEER

Die omvang van digitale bankbedrog in Suid-Afrika is kommerwekkend. Bedrieërs span met kunsmatige intelligensie al hoe meer gesofistikeerde metodes in en gebruik sielkundige manipulasie om verbruikers te flous.

INSPIREER

Onaantasbaar deur storms van die lewe

Jare lank het hy gewroeg omdat hy sy pa as jong seuntjie verloor het. Daarna het hy én sy vrou teen kanker baklei. Maar sy geloof maak hom onaantasbaar, sê die sanger Leon Ferreira. Dis ook die naam van sy nuwe liedjie.

DEUR KARIN BURGER

Luister jy na die sanger Leon Ferreira se nuwe enkelsnit, “Onaantasbaar”, tref die boodskap jou: Ons elkeen is deur die Here gekies. Jy is nie sommer net enige mens nie, jy is God se Woord in wording.

INSPIREER

Van die ashoop gered

Elma van Niekerk van Windhoek se kinderlewe was suiwer hel. Haar ouers het pal gedrink en baklei, en haar ma het haar enigste dogter dikwels genadeloos met ’n ketelkoord bygekom. Maar sy het nie bly lê nie; vandag help sy ander in soortgelyke omstandighede.

DEUR UNA NIEUWOUDT

’n Ouerhuis is vir die meeste kinders ’n veilige vesting, ’n plek van geborgenheid, vreugde en veiligheid. Vir Elma van Niekerk (55)* was dit ’n angswekkende plek van onmin en haat.

Sappo

INSPIREER

See toe op 60

Willie en Lynette du Preez se liefde vir die see het hulle gemotiveer om ’n avontuur aan te pak waarvoor min mense kans sal sien: om drie jaar lank in ’n seiljag om die wêreld te vaar. Byna drie dekades het sedertdien verloop, maar vir Lynette voel dit steeds soos gister.

DEUR KARIN BURGER

“Benoud kyk ek hoe Willie by die agterstewe afklim en die blou dieptes induik. Ek volg hom. Toe my kop onder die water kom, is die eerste gewaarwording die onheilspellende stilte. Die sonstrale dring meters diep deur die helder water en daar is net ’n blou massa om en onder my.”

HUMOR

Die aand van die priemende soeklig

Hul saambaddery “om water te bespaar” het ’n egpaar van Melkbosstrand al in meer as een penarie laat beland, skryf Hennie van Deventer.

Om byna ses dekades lank ’n dubbelbed te deel, is vir ’n egpaar niks ongewoons nie … om die laaste vier dekades ook ’n bád te deel is dalk minder gewoon.

LEGENDE

‘Mense herken my steeds as Sloet’

Die akteur Ian Roberts glo as die geluksgodin jou op die skouer tik, moet jy ja sê. Só het hy deur die jare die wonderlikste, mees uitdagende rolle gekry. En op 74 is hy reg vir nóg!

DEUR SUZETTE TRUTER

’n Paar jaar gelede stap Ian Roberts en ’n vriend straataf op Hermanus. ’n Jong boer kom aan die ander kant van die pad in ’n bakkie verbygery. Oomblikke later maak die man net daar ’n draai in die middel van die besige verkeer, ry terug, spring uit en roep: “Is dit jý?”

VERHOUDINGS

Versigtig vir ander se sorge

Omgee en gewilligheid om te help is tekens van meelewing. Maar om té betrokke te raak en ander se probleme te probeer oplos kan tot selfverwaarlosing en emosionele uitputting lei. Ondersoek jou motiewe en vermy die slaggate, sê ’n kenner.

DEUR UNA NIEUWOUDT

Die meeste van ons het van kindsbeen af geleer om nood raak te sien, ander se swaarkry met respek en empatie te bejeën en ’n helpende hand of vertroostende skouer te bied. Maar om as ’t ware ander se sorge op te gaar of probleme wat bo jou vuurmaakplek is te probeer oplos, is ’n onreg teenoor jouself en soms ook die ander party.

LEEFSTYL

Willemsrivier … die werf wat eers ’n dorp was

As jy op soek is na ’n salige, nostalgiese ervaring, gaan kuier op Willemsrivier in die Noord-Kaap. Tussen die mooi natuurskoon kan jy in gister se voetspore stap …

DEUR MARINDA ERLANK

Willemsrivier lê knus in die Hantam se mooi van uitgestrekte vlaktes, kokerbome, veldblomme en stiltes. Die Noord-Kaap se mense glo dís hoe die hemel lyk. Hierdie werkende skaap-en-gasteplaas se storie het reeds in 1745 begin en is nog lank nie klaar geskryf nie.

GESOND

Is jou hart op hol?

Leer gerus die term “atriale fibrillasie” ken, want ses uit 10 mense ouer as 60 jaar ontwikkel hierdie hartritmestoornis. Onbehandeld verhoog dit jou risiko vir beroerte en hartversaking. ’n Ablasieprosedure word nou as die goue standaard van behandeling beskou.

DEUR MARÍ HUDSON

Jy voel ’n fladdering in jou ribbekas. ’n Voelbare gedruis agter jou borsbeen soos ’n duif wat sy vlerke probeer sprei en klap. Jy hou amper op asemhaal en luister na jou vinnige maar chaotiese hartslag – soms op tot 200 slae per minuut, maar sonder enige ritme. Rukkerig, wild, onbeheers …

GESOND

Verslaaf aan oefen?

Soos alle gewoontes kan oefening selfvernietigende gevolge hê as dit misbruik word. As dit die belangrikste prioriteit in jou lewe is en selfs siekte of besering jou nie daarvan weerhou nie, het jy dalk hulp nodig.

DEUR UNA NIEUWOUDT

Sommige mense ontwikkel ’n obsessie met oefen en kan ondanks die waarskuwingstekens nie ophou of afskaal nie. Hoewel oefening ’n waardevolle hulpmiddel vir fisieke en emosionele gesondheid is, kan dit die teenoorgestelde uitwerking hê as die perke oorskry word.

ANTOINETTE SÊ

Die leuen van ’n spieël

Die soort spieël waarop sy ag slaan en wat nie lieg nie, is die een wat ’n mens se binneste weerkaats, skryf Antoinette Pienaar.

Oom Johannes het altyd ’n wonderlike storie vertel van die man wat ’n spieël in die veld opgetel het. Dit moes iewers van ’n smous se wa afgeval en in stukke gebreek het. Die man tel toe ’n groterige stuk op, gee die snaakse glas een kyk en hardloop huis toe asof hy ’n spook gesien het.

LAASTE WOORD

Kyk met deernis na jouself

Erken die mens wat jy vroeër was en maak plek vir hom of haar in jou lewe, ongeag hoe jul paadjie gelyk het, skryf Amore Bekker.

Joan Didion, bekroonde Amerikaanse skrywer, skryf die volgende in haar boek Slouching Towards Bethlehem: “I think we are well advised to keep on nodding terms with the people we used to be, whether we find them attractive company or not.”

Teken in op gedrukte tydskrif

Teken in op digitale tydskrif

Trudie Myburgh Media

TM Media Logo
  • Egretstraat 2
  • Flamingo Vlei
  • Table View
  • Kaapstad 7441

082 603 8134

Webblad ontwikkel, onderhou en gehuisves deur Webcore Online Solutions © 2020-2026, alle regte voorbehou.