November / Desember
2026

Bruis Tydskrif 

Bruis is ’n lekkerlees-tydskrif vir mense bo 45. Dit bied inspirasie, raad en inligting aan mans én vroue in topgehalte-artikels oor bekendes en minder bekendes, aktuele sake, gesondheid, aftrede, geld, leefstyl, resepte en verhoudings … plus ’n tikkie humor en blokraaie. Bruis is beskikbaar in gedrukte sowel as digitale formaat. Lekker lees!

Beskikbaar op

8 Januarie!

Antoinette gesels

Antoinette Pienaar stel haar lewe op Theefontein in die Karoo aan ons bekend. Sy gesels elke week in haar Klein Wit Huisie oor dinge wat haar na aan die hart lê en deel sielsverrykende pitkos soos net Antoinette kan.

Jy kan nou na stories in Bruis luister!

‘n Nuwe manier om Bruis te beleef – eksklusief vir digitale intekenaars.

Ina-Paarman

In hierdie uitgawe

KOLLIG

Legendariese Ina Is ‘doodgewoon’

Op 88 lei die koslegende Ina Paarman steeds ’n besige lewe met ’n vol program en is sy elke dag op kantoor, te midde van die uitdagings wat ’n ernstige oogsiekte aan haar stel.

DEUR TRUDIE MYBURGH

Wat motiveer jou om steeds volstoom te werk?

Ek doen dit omdat dit vir my lekker is en ek ná jare se ondervinding meestal die regte besluite neem. ’n Mens betaal deur die jare skoolgeld deur die foute wat jy maak – wanneer jou besigheid klein is, is jou foute nie so erg nie, maar sodra dit uitbrei, kan die foute wat jy maak groot gevolge hê.

KOLLIG

Skurk op die skerm, vegter in die regte lewe

Skurk. Alkoholis. Gesplete persoonlikheid. As dit ’n moeilike rol is, is die kanse goed dat André Odendaal die karakter gaan vertolk. Hy is vertroud met uitdagings … hy het immers kanker oorwin en sukkel met swak sig.

DEUR KARIN BURGER

“Ek was nog altyd baie privaat, dis hoekom jy nie veel persoonlike inligting oor my op die internet sal kry nie,” verduidelik die akteur André Odendaal met die intrapslag.

KOLLIG

Skreeusnaakse ‘tannie van die platteland’

Matie van Graan noem haarself ’n skrywer, satirikus, goeie organiseerder, pistoolskieter, motorfietsryer, omgewingskenner en aanbieder van oorlewingskampe. Nie jou gewone CV nie, maar aan die ander kant, sy doen nie dinge op die gewone manier nie.

DEUR KARIN BURGER

Matie van Graan vat-vat bewustelik aan haar hare toe sy vir die aanlyn onderhoud op die skerm verskyn. “Dit gaan anders lyk vir jul fotosessie,” belowe sy.

ActiveCare
Sappo

Teken in op gedrukte tydskrif

Teken in op digitale tydskrif

Trudie Myburgh Media

TM Media Logo
  • Egretstraat 2
  • Flamingo Vlei
  • Table View
  • Kaapstad 7441

082 603 8134

Webblad ontwikkel, onderhou en gehuisves deur Webcore Online Solutions © 2020-2026, alle regte voorbehou.